Akademia en ons gekose vennote gebruik koekies en soortgelyke tegnologieë (gesamentlik “koekies”) wat nodig is om hierdie webwerf aan te bied en te verseker dat jy die beste ervaring kry. Indien jy instem, sal ons ook koekies vir volgingsontleding-doeleindes gebruik.
Kyk ons Koekiebeleid vir meer inligting oor watter koekies ons stel.
Jy kan jou instemming te eniger tyd terugtrek en bestuur deur op “Bestuur koekies” onderaan elke webbladsy te klik.
Op hierdie webwerf stel ons altyd koekies wat streng noodsaaklik is, m.a.w. wat nodig is vir die webwerf om behoorlik te funksioneer.
Indien jy instem, sal ons ook ander tipes koekies plaas. Jy kan jou instemming vir die verskillende tipes koekies verleen of intrek deur die wisselskakels hier onder te gebruik. Jy kan jou instemming te eniger tyd verander of intrek deur op “Bestuur koekies”-skakel te klik wat altyd onderaan die webwerf beskikbaar is.
Vir meer inligting oor wat die verskillende tipes koekies doen, hoe jou data gebruik word wanneer hulle gestel word, ens., lees ons Koekiebeleid.
Hierdie koekies is nodig om die werf behoorlik te laat werk, en word altyd gestel wanneer jy die werf besoek.
Hierdie koekies versamel inligting wat gebruik word om ons te help verstaan hoe die werf gebruik word.
Hierdie beleid is van toepassing op al Akademia se webblaaie, onder andere akademia.ac.za en alle subdomeine, soos spens.akademia.ac.za, maar is nie noodwendig uitsluitlik tot hierdie voorbeelde beperk nie.
Die veiligheid van jou persoonlike inligting is baie belangrik vir ons en daarom neem ons alle redelike stappe om jou persoonlike inligting te beskerm. Neem egter in ag dat geen manier van inligtingoordrag via die internet, of die stoor van inligting op elektroniese mediums, 100% veilig is nie. Ons deel nie jou persoonlike inligting met enige derdepartye nie. Ons gebruik industriestandaard maniere om jou persoonlike inligting te beskerm, maar ons kan nie die absolute beskerming van jou persoonlike inligting waarborg nie. Jou inligting mag toeganklik wees vir personeel en vrywilligers wat die webblaaie, stelsels en infrastruktuur administreer. Ons mag verder ook volgens wet verplig word om gestoorde persoonlike inligting beskikbaar te maak.
Al die inligting wat jy bekend maak in jou openbare profiel, forums of enige openbare gedeelte van die akademia.ac.za-domeine, word as openbare inligting beskou. Al hierdie inhoud word beskikbaar gestel onder die GNU Algemene Openbare Lisensie, tensy anders aangedui.
Die IP-adresse, URL’s wat besoek word, en enige ander verwante inligting van alle webbladbesoekers word opgeneem vir internetgebruikanalise, en word opgeneem as deel van die normale werking van ons bedieners. Koekies word gebruik om rekord te hou van intekenpogings, aanlyn sessies en om anonieme webbladverkeer te monitor.
Indien jy enige vrae het oor die bogenoemde praktyke of gebruik van jou persoonlike inligting, kontak ons gerus by tegnies@akademia.ac.za