Privaatheidbeleid
Hierdie beleid is van toepassing op al Akademia se webblaaie, onder andere akademia.ac.za en alle subdomeine, soos spens.akademia.ac.za, maar is nie noodwendig uitsluitlik tot hierdie voorbeelde beperk nie.
Die veiligheid van jou persoonlike inligting is baie belangrik vir ons en daarom neem ons alle redelike stappe om jou persoonlike inligting te beskerm. Neem egter in ag dat geen manier van inligtingoordrag via die internet, of die stoor van inligting op elektroniese mediums, 100% veilig is nie. Ons deel nie jou persoonlike inligting met enige derdepartye nie. Ons gebruik industriestandaard maniere om jou persoonlike inligting te beskerm, maar ons kan nie die absolute beskerming van jou persoonlike inligting waarborg nie. Jou inligting mag toeganklik wees vir personeel en vrywilligers wat die webblaaie, stelsels en infrastruktuur administreer. Ons mag verder ook volgens wet verplig word om gestoorde persoonlike inligting beskikbaar te maak.
Al die inligting wat jy bekend maak in jou openbare profiel, forums of enige openbare gedeelte van die akademia.ac.za-domeine, word as openbare inligting beskou. Al hierdie inhoud word beskikbaar gestel onder die GNU Algemene Openbare Lisensie, tensy anders aangedui.
Die IP-adresse, URL’s wat besoek word, en enige ander verwante inligting van alle webbladbesoekers word opgeneem vir internetgebruikanalise, en word opgeneem as deel van die normale werking van ons bedieners. Koekies word gebruik om rekord te hou van intekenpogings, aanlyn sessies en om anonieme webbladverkeer te monitor.
Indien jy enige vrae het oor die bogenoemde praktyke of gebruik van jou persoonlike inligting, kontak ons gerus by tegnies@akademia.ac.za