DEELTYDSE DOSENT: HIBRIEDE PROJEKBESTUUR
SLUITINGSDATUM: 25 NOVEMBER
Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het vir 2027 drie deeltydse dosenteposte in die modules: Projekbestuurgrondbeginsels (semester 1); Bestuur van Volhoubare Projekte (semester 1); en Projekleierskap (semester 2), in die Departement Bestuurswetenskappe in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurwetenskappe beskikbaar.
Laai asseblief u CV in Afrikaans op as deel van u aansoek.
P O S D O E L S T E L L I N G
ʼn Dosent is daarvoor verantwoordelik om hoëgehalteonderrig aan studente te bied deur innoverende klasaanbiedings en leerervarings. Die pos vereis dat akademiese take, navorsing en innovering asook akademiese gemeenskapsdeelname ywerig verrig word. Die vorming van studente tot volwaardige mense word hoog op prys gestel. ʼn Dosent streef daarna om as leier in ʼn vakgebied erken te word en streef verdieping in alle klasaanbiedings na.
V E R A N T W O O R D E L I K H E D E
voorbereiding en dosering van die module-inhoud
navorsing op vakgebied ter ondersteuning van onderrig en leer, en professionele ontwikkeling
opstelling en moderering van assesseringsaktiwiteite
lewering van akademiese ondersteuning aan studente
studieleiding aan studente met die geïntegreerde sluitsteenprojek
P O S V E R E I S T E S
ʼn honneursgraad in ʼn relevante dissipline
een tot drie jaar ervaring in die hoëronderwysomgewing met ervaring in die dosering van Projekbestuur-verwante modules
ʼn PMI-sertifisering (Project Management Institute) sal in ʼn kandidaat se guns tel
werkservaring in die veld van projekbestuur sal in ʼn kandidaat se guns te tel
ervaring in versnitte leer (blended learning)
blootstelling aan en vorige gebruik van onderwysmedia
V A A R D I G H E D E
Sterk verbale en geskrewe kommunikasievaardighede (akademiese Afrikaans); interpersoonlike vaardighede; prioritiserings- en tydsbestuursvaardighede; vermoë om onafhanklik en in spanverband te funksioneer; sterk rekenaar- en administratiewe vaardighede; kennis van die elektroniese onderrig-en-leer-omgewing; vermoë om inisiatief te kan neem en oplossingsgedrewe te wees; vermoë om werk onder druk te voltooi; ʼn ambassadeur vir Akademia wees deur te help om die instelling uit te bou en ʼn liefde vir Afrikaans te hê.
Akademia behou die reg voor om nie ʼn aanstelling te maak nie. Akademia is kragtens die Wet op Hoër Onderwys 75 van 1997 by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding geregistreer (registrasienommer: 2011/HE08/005). Akademia is deel van die Solidariteit Beweging.
- Departement
- Departement Bestuurswetenskappe
- Afstandstatus
- Heeltemal op afstand
Meer oor Akademia
Akademia is ’n Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat daartoe verbind is om uitnemende opleiding, betekenisvolle vorming en professionele ontwikkeling in Afrikaans aan te bied. As ’n gemeenskapsgerigte instelling bou ons aan ’n akademiese tuiste waar studente en medewerkers saam groei, leer en ’n positiewe bydrae tot die samelewing lewer. Gedryf deur waardes soos geloof, hoop, liefde, rentmeesterskap en pionierskap, werk ons elke dag daaraan om ’n toekoms van gehalte- en hoër onderwys vir toekomstige geslagte te help vorm.
Word deel van ’n span wat saam bou aan die toekoms van hoër onderwys in Afrikaans.