DEELTYDSE DOSENT: PRIVAAT- EN HANDELSREG
SLUITINGSDATUM: 4 NOVEMBER 2026
Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het vanaf Januarie 2027 deeltydse poste op die Paarl-kampus beskikbaar vir dosente in die Departement Privaat- en Handelsreg in die Fakulteit Regsgeleerdheid, en spesifiek vir die volgende modules: Personereg, Erfreg en Deliktereg, asook vir die twee diensmodules, Handelsreg en Kommersiële Reg, wat vanuit die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aangebied word.
Laai asseblief u CV in Afrikaans op as deel van u aansoek.
P O S D O E L S T E L L I N G
ʼn Deeltydse dosent is daarvoor verantwoordelik om gehalteonderrig aan studente te bied deur klasaanbiedings en leerervarings. Die pos vereis dat akademiese take, wat onderrig, navorsing, asook akademiese gemeenskapdeelname insluit, ywerig verrig word. Die vorming van studente tot goedgevormde mense word hoog geag. ʼn Dosent streef daarna om as leier in ʼn vakgebied erken te word en streef na verdieping in alle klasaanbiedings.
V E R A N T W O O R D E L I K H E D E
Verantwoordelikhede sluit in, maar is nie beperk nie tot:
voorbereiding en dosering van die moduleinhoud
kurrikulumontwikkeling
navorsing op vakgebied ter ondersteuning van onderrig en leer, en professionele ontwikkeling
opstel van assesseringsaktiwiteite in ʼn kontak- en afstandsleeromgewing
akademiese gemeenskapsdeelname
lewering van bystand en akademiese ondersteuning aan studente
P O S V E R E I S T E S
ʼn meestersgraad in ʼn privaat- of handelsregdissipline (LLD voordelig)
toepaslike praktyksondervinding
hoëronderwyservaring in die onderrig van die genoemde dissiplines (aanbeveling)
ervaring in versnitte leer (blended learning)
blootstelling aan en vorige gebruik van onderwysmedia
V A A R D I G H E D E
sterk verbale en geskrewe kommunikasievaardighede
interpersoonlike vaardighede
prioritiserings- en tydsbestuursvaardighede
om onafhanklik in ʼn spanverband te funksioneer
die neem van inisiatief
oplossingsgedrewe
vermoë om werk onder druk te voltooi
om ʼn ambassadeur vir Akademia te wees deur te help om die instelling uit te bou en ʼn liefde vir Afrikaans te hê
Akademia behou die reg voor om nie ʼn aanstelling te maak nie. Akademia is kragtens die Wet op Hoër Onderwys 75 van 1997 by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding geregistreer (registrasienommer: 2011/HE08/005). Akademia is deel van die Solidariteit Beweging.
- Departement
- Departement Privaat- en Handelsreg
- Pos
- Deeltydse dosent: Privaat- en Handelsreg
- Ligging
- Paarl-kampus en -sentrum
- Indiensnemingtipe
- Kontrak
Meer oor Akademia
Akademia is ’n Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat daartoe verbind is om uitnemende opleiding, betekenisvolle vorming en professionele ontwikkeling in Afrikaans aan te bied. As ’n gemeenskapsgerigte instelling bou ons aan ’n akademiese tuiste waar studente en medewerkers saam groei, leer en ’n positiewe bydrae tot die samelewing lewer. Gedryf deur waardes soos geloof, hoop, liefde, rentmeesterskap en pionierskap, werk ons elke dag daaraan om ’n toekoms van gehalte- en hoër onderwys vir toekomstige geslagte te help vorm.
Word deel van ’n span wat saam bou aan die toekoms van hoër onderwys in Afrikaans.