BEAMPTE: SPORT (RUGBY)
SLUITINGSDATUM: 5 November 2026
Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het tans ʼn voltydse pos vir ʼn beampte: Sport (rugby) in die Studentesake-afdeling beskikbaar. Die pos sal in Pretoria gesetel wees
Laai asseblief u Afrikaanse CV op as deel van u aansoek.
P O S D O E L S T E L L I N G
Die beampte: Sport (rugby) vervul ʼn uitvoerende rol en is verantwoordelik vir die organisering en bestuur van rugby op koshuis- sowel as instellingsvlak. Die rol ondersteun die effektiewe implementering van die rugbyprogram, -prosesse en strukture binne die oorhoofse sportstrategie, asook die uitbou van netwerke en bewusmaking in die rugbymilieu. Die beampte: Sport (rugby) bied ondersteuning aan rolspelers en dra by tot die ontwikkeling van ʼn gestruktureerde en opbouende sportomgewing wat studente se deelname en vorming bevorder. Die posbekleër sal aan die leier: Sport rapporteer
V E R A N T W O O R D E L I K H E D E
bevorder rugbydeelname, -kompetering en -ondersteuning as ʼn instrument in die ontwikkeling en vorming van studente
bestuur, beplan, koördineer, bevorder en evalueer Akademia se rugbyprogram op ontspannings-, koshuis- sowel as instellingsvlak
vestig Akademia as ʼn rugbytuiste vir die gemeenskap
verleen hulp vir die uitbou van sportligas op instellings- sowel as koshuisvlak
bestuur en ontwikkel rugbyafrigters
bestuur van rugbyfasiliteite, -bates en -voorraad
interne en eksterne bewusmaking, netwerking en bemarking van rugby
vorm deel van die afrigtingspan op instellings- sowel as koshuisvlak
P O S V E R E I S T E S
baccalaureusgraad (NKR-vlak 7)
drie tot vyf jaar se ervaring in die ontwikkeling en vorming van jongmense
kennis van Akademia en van die hoëronderwysomgewing in die algemeen
een tot drie jaar se rugbybestuurservaring en -afrigting op hoërskooleerstespan-/klub-/ universiteitsvlak
vlak 2-afrigtingskwalifikasie (voordelig)
toepaslike ondervinding in ʼn hoëronderwys-sportomgewing en sportbestuur, studentelewe, koshuislewe, studenteleierskap, beleidformulering en/of projekbestuur (voordelig)
V A A R D I G H E D E
vormingsingesteldheid, hoë energievlakke en interpersoonlike vaardighede
goeie bestuurs- en organiseringsvaardighede asook strategiese beplanningsvaardighede
effektiewe kommunikasievaardighede, prosesontwikkeling en -implementering, en probleemoplossingsvaardighede
handhawing van goeie menseverhoudinge en hoë emosionele intelligensie
vermoë om onafhanklik en binne ʼn span te werk
sterk etiese ingesteldheid en vermoë om met vertroulike inligting te werk
goeie tydsbestuur en prioritiseringsvermoë
deursettingsvermoë, vermoë om onder hoë druk te funksioneer
aanpasbaar en ʼn positiewe ingesteldheid, dryfkrag, motivering en inisiatief kan neem
Akademia behou die reg voor om nie ʼn aanstelling te maak nie. Akademia is kragtens die Wet op Hoër Onderwys 75 van 1997 by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding geregistreer (registrasienommer: 2011/HE08/005). Akademia is deel van die Solidariteit Beweging.
- Departement
- Studentesake
- Pos
- Beampte: Sport
- Ligging
- Pretoria-kampus
- Indiensnemingtipe
- Voltyds
Meer oor Akademia
Akademia is ’n Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat daartoe verbind is om uitnemende opleiding, betekenisvolle vorming en professionele ontwikkeling in Afrikaans aan te bied. As ’n gemeenskapsgerigte instelling bou ons aan ’n akademiese tuiste waar studente en medewerkers saam groei, leer en ’n positiewe bydrae tot die samelewing lewer. Gedryf deur waardes soos geloof, hoop, liefde, rentmeesterskap en pionierskap, werk ons elke dag daaraan om ’n toekoms van gehalte- en hoër onderwys vir toekomstige geslagte te help vorm.
Word deel van ’n span wat saam bou aan die toekoms van hoër onderwys in Afrikaans.