DEELTYDSE DOSENT: LEWENSVAARDIGHEDE (MUSIEK)
SLUITINGSDATUM: 1 NOVEMBER 2026
Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het vanaf Januarie 2027 op die Paarl-kampus ʼn deeltydse pos vir ʼn dosent in die Musiek-komponent van die Lewensvaardighede-module in die BEd-programme (Grondslagfase-onderwys en Intermediêre Fase-onderwys) van die Fakulteit Opvoedkunde beskikbaar. Die module word in die eerste semester via die voltydse kampusmodel op die Paarl-kampus aangebied. Die Musiek-komponent beslaan 25% van die Lewensvaardighede-module.
Laai asseblief u CV in Afrikaans op as deel van u aansoek.
P O S D O E L S T E L L I N G
ʼn Dosent is daarvoor verantwoordelik om hoëgehalteonderrig aan studente te bied deur innoverende klasaanbiedings en leerervarings. Die pos vereis dat akademiese take, navorsing en innovering, asook akademiese gemeenskapsdeelname, ywerig verrig word. Die vorming van studente tot goedgevormde mense word hoog op prys gestel. ʼn Dosent streef daarna om as leier in ʼn vakgebied erken te word en streef verdieping in alle klasaanbiedings na.
V E R A N T W O O R D E L I K H E D E
voorbereiding en dosering van die moduleinhoud
kurrikulumontwikkeling
navorsing op vakgebied ter ondersteuning van onderrig en leer, en professionele ontwikkeling
opstel van assesseringsaktiwiteite in ʼn kontakleeromgewing
lewering van bystand en akademiese ondersteuning aan studente
P O S V E R E I S T E S
ʼn honneursgraad in Musiek plus ʼn onderwyskwalifikasie of ʼn BEd-honneursgraad (met Musiek as hoofvak op voorgraadse vlak) OF ekwivalent
drie jaar se ervaring in die onderrig van Musiek op skoolvlak en/of minstens twee jaar ervaring in die onderrig van Musiek in hoër onderwys
blootstelling aan en vorige gebruik van onderwystegnologieë
V A A R D I G H E D E
sterk verbale en geskrewe kommunikasievaardighede
interpersoonlike vaardighede
prioritiserings- en tydsbestuursvaardighede
onafhanklik in ʼn spanverband funksioneer
inisiatief neem en oplossingsgedrewe
vermoë om werk onder druk te voltooi
ʼn liefde vir Afrikaans
ʼn ambassadeur vir Akademia wees deur te help om die instelling uit te bou
Akademia behou die reg voor om nie ʼn aanstelling te maak nie. Akademia is kragtens die Wet op Hoër Onderwys 75 van 1997 by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding geregistreer (registrasienommer: 2011/HE08/005). Akademia is deel van die Solidariteit Beweging.
- Departement
- Departement Professionele Studies
- Pos
- Deeltydse dosent: Professionele Studies
- Ligging
- Paarl-kampus en -sentrum
- Indiensnemingtipe
- Kontrak
Meer oor Akademia
Akademia is ’n Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat daartoe verbind is om uitnemende opleiding, betekenisvolle vorming en professionele ontwikkeling in Afrikaans aan te bied. As ’n gemeenskapsgerigte instelling bou ons aan ’n akademiese tuiste waar studente en medewerkers saam groei, leer en ’n positiewe bydrae tot die samelewing lewer. Gedryf deur waardes soos geloof, hoop, liefde, rentmeesterskap en pionierskap, werk ons elke dag daaraan om ’n toekoms van gehalte- en hoër onderwys vir toekomstige geslagte te help vorm.
Word deel van ’n span wat saam bou aan die toekoms van hoër onderwys in Afrikaans.