KOÖRDINEERDER: STUDENTEWELSTAND
SLUITINGSDATUM: 4 NOVEMBER 2026
Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het ʼn pos vir ʼn koördineerder: Studentewelstand in die Studentesake-afdeling beskikbaar. Die pos sal in Paarl gesetel wees.
Laai asseblief u CV in Afrikaans op as deel van u aansoek.
P O S D O E L S T E L L I N G
Die koördineerder: Studentewelstand is verantwoordelik vir die koördineer en bestuur van proaktiewe studentewelstand, bewusmaking en intervensies. Die posbekleër sal in noue samewerking met die studenteraad en ook die huiskomitees werk wat ook die bestuur en uitbrei van die Voogde-inisiatief insluit.
V E R A N T W O O R D E L I K H E D E
reël en koördineer welstandsaktiwiteite
implementeer en voer die mediese strategie uit
reël en woon welstandsaktiwiteite by
onderhou verhoudings en netwerke met die gemeenskap en studenteomgewing
bied bystand en ondersteuning binne die Studentesake-afdeling
bevorder deelname deur ondersteuning van en betrokkenheid by welstandsaktiwiteite aan te moedig en te bevorder
P O S V E R E I S T E S
baccalaureusgraad (NKR-vlak 7)
een tot twee jaar toepaslike ervaring
goeie begrip van studenteaktiwiteite (voordelig)
moet kennis van Akademia en van die hoëronderwysomgewing in die algemeen hê
toepaslike ondervinding in ʼn hoëronderwys-kultuur, studentelewe, koshuislewe, en/of projekbestuur (voordelig)
V A A R D I G H E D E
uitnemende administrasie en kommunikasievaardighede
goeie probleemoplossings- en analitiese vaardighede
deursettingsvermoë
kan funksioneer onder hoë druk en take implementeer
projekgedrewe
neem inisiatief en doelgerig
prioritiseringsvermoë
administratiewe en rekenaarvaardighede
interpersoonlike verhoudings
Akademia behou die reg voor om nie ʼn aanstelling te maak nie. Akademia is kragtens die Wet op Hoër Onderwys 75 van 1997 by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding geregistreer (registrasienommer: 2011/HE08/005). Akademia is deel van die Solidariteit Beweging.
- Departement
- Studentesake
- Pos
- Koördineerder: Studentewelstandsondersteuning
- Ligging
- Paarl-kampus en -sentrum
- Indiensnemingtipe
- Voltyds
Meer oor Akademia
Akademia is ’n Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat daartoe verbind is om uitnemende opleiding, betekenisvolle vorming en professionele ontwikkeling in Afrikaans aan te bied. As ’n gemeenskapsgerigte instelling bou ons aan ’n akademiese tuiste waar studente en medewerkers saam groei, leer en ’n positiewe bydrae tot die samelewing lewer. Gedryf deur waardes soos geloof, hoop, liefde, rentmeesterskap en pionierskap, werk ons elke dag daaraan om ’n toekoms van gehalte- en hoër onderwys vir toekomstige geslagte te help vorm.
Word deel van ’n span wat saam bou aan die toekoms van hoër onderwys in Afrikaans.