KOÖRDINEERDER: STUDENTELEWE
SLUITINGSDATUM: 4 November 2026
Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het ʼn pos vir ʼn koördineerder: Studentelewe in die Studentesake-afdeling beskikbaar. Die pos sal in Paarl gesetel wees.
Laai asseblief u CV in Afrikaans op as deel van u aansoek.
P O S D O E L S T E L L I N G
Die posbekleër sal spesifiek op die koördinering van studentelewestrukture asook studenteleweaktiwiteite in samewerking met die bestuurder: Studentelewe fokus. Die koördineerder: Studentelewe sal nou saam met die onderskeie studenteleierstrukture en veral die studenteraad werk.
V E R A N T W O O R D E L I K H E D E
reël en koördineer van studenteleweaktiwiteite
implementeer en uitbou van die studentelewestrategie
reël en bywoon van studenteaktiwiteite
reël en koördineer van die eerstejaarskamp en oriënteringsaktiwiteite
ondersteuning bied in studenteleieropleidingsgeleenthede in samewerking met die bestuurder: Studentelewe
koördineer die studentelewejaarbeplanner met die oog op ʼn vormende studentebelewenis vir die studente
skakel met die NP van Wyk Louw-sentrum en dien as skakel vir die reël en koördineer van hulle aksies en aktiwiteite
onderhou verhoudings en netwerke met die gemeenskap en studenteomgewing
bevorder studentedeelname aan aktiwiteite deur ondersteuning van en betrokkenheid by studenteleweaktiwiteite aan te moedig en te bevorder
bied ondersteuning binne die Studentesake-afdeling
P O S V E R E I S T E S
baccalaureusgraad (NKR-vlak 7)
een tot twee jaar ervaring in die uitvoer van studenteaktiwiteite
goeie begrip van studenteaktiwiteite (voordelig)
kennis van Akademia en die hoëronderwysomgewing in die algemeen (voordelig)
toepaslike ondervinding in ʼn hoëronderwys-kultuur, -studentelewe, -koshuislewe, en/of -projekbestuur (voordelig)
V A A R D I G H E D E
uitnemende administrasie en kommunikasievaardighede
goeie probleemoplossings- en analitiese vaardighede
deursettingsvermoë
kan funksioneer onder hoë druk en take implementeer
projekgedrewe
neem inisiatief en doelgerig
prioritiseringsvermoë
administratiewe en rekenaarvaardighede
interpersoonlike verhoudings
Akademia behou die reg voor om nie ʼn aanstelling te maak nie. Akademia is kragtens die Wet op Hoër Onderwys 75 van 1997 by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding geregistreer (registrasienommer: 2011/HE08/005). Akademia is deel van die Solidariteit Beweging.
- Departement
- Studentesake
- Pos
- Koördineerder: Studentelewe
- Ligging
- Paarl-kampus en -sentrum
- Indiensnemingtipe
- Voltyds
Meer oor Akademia
Akademia is ’n Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat daartoe verbind is om uitnemende opleiding, betekenisvolle vorming en professionele ontwikkeling in Afrikaans aan te bied. As ’n gemeenskapsgerigte instelling bou ons aan ’n akademiese tuiste waar studente en medewerkers saam groei, leer en ’n positiewe bydrae tot die samelewing lewer. Gedryf deur waardes soos geloof, hoop, liefde, rentmeesterskap en pionierskap, werk ons elke dag daaraan om ’n toekoms van gehalte- en hoër onderwys vir toekomstige geslagte te help vorm.
Word deel van ’n span wat saam bou aan die toekoms van hoër onderwys in Afrikaans.