DEELTYDSE DOSENT: WISKUNDE VIR PROGRAMMERING
SLUITINGSDATUM: 29 OKTOBER 2026
Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het vanaf Januarie 2027 op die Paarl-kampus ʼn deeltydse dosentpos in Wiskunde in die Fakulteit Natuurwetenskappe beskikbaar. Kandidate op vlakke van junior dosent of dosent kan oorweeg word.
Laai asseblief u CV in Afrikaans op as deel van u aansoek.
P O S D O E L S T E L L I N G
ʼn Dosent is daarvoor verantwoordelik om gehalteonderrig aan studente te bied deur innoverende klasaanbiedings en leerervarings. Die pos vereis dat akademiese take, navorsing en innovering asook akademiese gemeenskapdeelname ywerig verrig word. Die vorming van studente tot goedgevormde mense word hoog op prys gestel. ʼn Dosent streef na erkenning as leier op ʼn vakgebied en verdieping in alle klasaanbiedinge.
V E R A N T W O O R D E L I K H E D E
Verantwoordelikhede sluit in, maar is nie tot die volgende beperk nie:
voorbereiding en dosering van die module-inhoud
opstel en nasien van assesserings-aktiwiteite vir ʼn kontakleeromgewing
lewering van bystand en akademiese ondersteuning aan studente
akademiese administrasie
betrokkenheid by Akademia in die algemeen
P O S V E R E I S T E S
ʼn Meestergraad is noodsaaklik vir ʼn dosentpos en ʼn honneursgraad vir ʼn junior dosentpos.
Die kandidaat moet bereid en bevoeg wees om Diskrete Wiskunde, soos wat dit gebruik word in Wiskunde van Programmering, te doseer.
Minstens drie jaar ondervinding by ʼn hoëronderwysinstelling word vereis vir ʼn dosentpos en ondervinding as tutor of ander onderrigverwante aktiwiteite vir ʼn junior dosentpos.
V A A R D I G H E D E
sterk verbale en geskrewe kommunikasievaardighede
interpersoonlike vaardighede
prioritiserings- en tydsbestuursvaardighede
onafhanklik in ʼn spanverband funksioneer
inisiatief neem en oplossingsgedrewe wees
vermoë om werk onder druk te voltooi
ambassadeur vir Akademia (help om die instelling uit te bou)
liefde vir Afrikaans
Akademia behou die reg voor om nie ʼn aanstelling te maak nie. Akademia is kragtens die Wet op Hoër Onderwys 75 van 1997 by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding geregistreer (registrasienommer: 2011/HE08/005). Akademia is deel van die Solidariteit Beweging.
- Departement
- Departement Wiskundige Wetenskappe
- Pos
- Deeltydse dosent: Wiskunde vir programmering
- Ligging
- Paarl-kampus en -sentrum
- Indiensnemingtipe
- Deeltyds
Meer oor Akademia
Akademia is ’n Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat daartoe verbind is om uitnemende opleiding, betekenisvolle vorming en professionele ontwikkeling in Afrikaans aan te bied. As ’n gemeenskapsgerigte instelling bou ons aan ’n akademiese tuiste waar studente en medewerkers saam groei, leer en ’n positiewe bydrae tot die samelewing lewer. Gedryf deur waardes soos geloof, hoop, liefde, rentmeesterskap en pionierskap, werk ons elke dag daaraan om ’n toekoms van gehalte- en hoër onderwys vir toekomstige geslagte te help vorm.
Word deel van ’n span wat saam bou aan die toekoms van hoër onderwys in Afrikaans.