DEELTYDSE DOSENT: BESIGHEIDSKOMMUNIKASIE
SLUITINGSDATUM: 29 OKTOBER 2026
Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het vanaf Januarie 2027 op die Paarl-kampus ʼn deeltydse pos vir ʼn dosent in Besigheidskommunikasie in die Fakulteit Tale en Kultuurwetenskappe beskikbaar.
Laai asseblief u CV in Afrikaans op as deel van u aansoek.
P O S D O E L S T E L L I N G
ʼn Dosent is daarvoor verantwoordelik om gehalteonderrig aan studente te bied deur innoverende klasaanbiedings en leerervarings. Die vorming van studente tot goedgevormde mense word hoog op prys gestel. ʼn Dosent streef daarna om as leier op ʼn vakgebied erken te word en streef verdieping in alle klasaanbiedinge na.
V E R A N T W O O R D E L I K H E D E
voorbereiding en dosering van die moduleinhoud op kampus
opstel van assesseringsaktiwiteite in ʼn kontakleeromgewing in samewerking met die dosent in Centurion
nasien van assesseringsaktiwiteite
lewering van bystand en akademiese ondersteuning aan studente
P O S V E R E I S T E S
ʼn honneursgraad of hoër kwalifikasie in Kommunikasiebestuur, Bemarking of ʼn verwante veld
praktykervaring
ervaring in die hoëronderwysomgewing (voordelig)
V A A R D I G H E D E
sterk verbale en geskrewe kommunikasievaardighede
interpersoonlike vaardighede
prioritiserings- en tydsbestuursvaardighede
onafhanklik in ʼn spanverband funksioneer
inisiatief kan neem en oplossingsgedrewe
vermoë om werk onder druk te voltooi
liefde vir Afrikaans
Akademia behou die reg voor om nie ʼn aanstelling te maak nie. Akademia is kragtens die Wet op Hoër Onderwys 75 van 1997 by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding geregistreer (registrasienommer: 2011/HE08/005). Akademia is deel van die Solidariteit Beweging.
- Departement
- Departement Tale en Kultuurwetenskappe
- Pos
- Deeltydse dosent: Besigheidskommunikasie
- Ligging
- Paarl-kampus en -sentrum
- Indiensnemingtipe
- Deeltyds
Meer oor Akademia
Akademia is ’n Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat daartoe verbind is om uitnemende opleiding, betekenisvolle vorming en professionele ontwikkeling in Afrikaans aan te bied. As ’n gemeenskapsgerigte instelling bou ons aan ’n akademiese tuiste waar studente en medewerkers saam groei, leer en ’n positiewe bydrae tot die samelewing lewer. Gedryf deur waardes soos geloof, hoop, liefde, rentmeesterskap en pionierskap, werk ons elke dag daaraan om ’n toekoms van gehalte- en hoër onderwys vir toekomstige geslagte te help vorm.
Word deel van ’n span wat saam bou aan die toekoms van hoër onderwys in Afrikaans.