VOLTYDSE DOSENT: REKENINGKUNDIGE WETENSKAPPE
SLUITINGSDATUM: 29 OKTOBER 2026
Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het vanaf Januarie 2027 twee voltydse poste op die Paarl-kampus vir dosente in die Departement Rekeningkundige Wetenskappe in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe beskikbaar.
Laai asseblief u CV in Afrikaans op as deel van u aansoek.
P O S D O E L S T E L L I N G
ʼn Dosent is daarvoor verantwoordelik om gehalteonderrig aan studente te bied deur innoverende klasaanbiedings en leerervarings. Die pos vereis dat akademiese take, navorsing en innovering asook akademiese gemeenskapdeelname ywerig verrig word. Die vorming van studente tot goedgevormde mense word hoog op prys gestel. ʼn Dosent streef daarna om as leier in ʼn vakgebied erken te word en streef verdieping in alle klasaanbiedinge na.
V E R A N T W O O R D E L I K H E D E
voorbereiding en dosering van die moduleinhoud
kurrikulumontwikkeling
navorsing op vakgebied ter ondersteuning van onderrig en leer, en professionele ontwikkeling
opstel van assesseringsaktiwiteite in ʼn kontakleeromgewing
akademiese gemeenskapsdeelname
lewering van bystand en akademiese ondersteuning aan studente
P O S V E R E I S T E S
ʼn meestersgraad in Rekeningkundige Wetenskappe, of ʼn honneursgraad en GR(SA) of ACCA-kwalifikasie
een tot drie jaar ervaring in die onderrig van Rekeningkunde
ervaring in versnitte leer (blended learning)
blootstelling aan en vorige gebruik van onderwysmedia
V A A R D I G H E D E
sterk verbale en geskrewe kommunikasievaardighede
interpersoonlike vaardighede
prioritiserings- en tydsbestuursvaardighede
onafhanklik in ʼn spanverband funksioneer
inisiatief kan neem en oplossingsgedrewe wees
beskik oor vermoë om werk onder druk te voltooi
ʼn ambassadeur vir Akademia wees deur te help om die instelling uit te bou en ʼn liefde vir Afrikaans te hê
Akademia behou die reg voor om nie ʼn aanstelling te maak nie. Akademia is kragtens die Wet op Hoër Onderwys 75 van 1997 by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding geregistreer (registrasienommer: 2011/HE08/005). Akademia is deel van die Solidariteit Beweging.
- Departement
- Departement Rekeningkundige Wetenskappe
- Pos
- Dosent: Rekeningkundige Wetenskappe
- Ligging
- Paarl-kampus en -sentrum
- Indiensnemingtipe
- Voltyds
Meer oor Akademia
Akademia is ’n Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat daartoe verbind is om uitnemende opleiding, betekenisvolle vorming en professionele ontwikkeling in Afrikaans aan te bied. As ’n gemeenskapsgerigte instelling bou ons aan ’n akademiese tuiste waar studente en medewerkers saam groei, leer en ’n positiewe bydrae tot die samelewing lewer. Gedryf deur waardes soos geloof, hoop, liefde, rentmeesterskap en pionierskap, werk ons elke dag daaraan om ’n toekoms van gehalte- en hoër onderwys vir toekomstige geslagte te help vorm.
Word deel van ’n span wat saam bou aan die toekoms van hoër onderwys in Afrikaans.