REKENMEESTER: FINANSIËLE BEPLANNING EN ANALISE
SLUITINGSDATUM: 29 OKTOBER 2026
Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het tans ʼn voltydse pos in Pretoria vir ʼn rekenmeester: Finansiële beplanning en analise in die Finansies en Infrastruktuur-afdeling se Finansies-span beskikbaar.
Laai asseblief u CV in Afrikaans op as deel van u aansoek.
P O S D O E L S T E L L I N G
Die rekenmeester: Finansiële beplanning en analise sal verantwoordelik wees vir die uitvoer van kernrekenkundige funksies, asook finansiële beplanning, begroting, vooruitskatting en finansiële ontleding ter ondersteuning van Akademia se bestuur en besluitneming. Die rol verseker dat die onderliggende finansiële rekords akkuraat, volledig en betroubaar is, en ondersteun die bestuurder: Finansies deur die boeke tot op proefbalansvlak voor te berei, rekonsiliasies en statutêre werk te verrig, en finansiële data in bruikbare bestuursinligting te omskep. Die posbekleër speel verder ʼn belangrike rol in die identifisering van tendense en afwykings, modellering van toekomstige scenario’s en ondersteuning van kort-, medium- en langtermyn- finansiële beplanning.
V E R A N T W O O R D E L I K H E D E
algemene finansiëlerekeningkunde-funksies en grootboekbestuur
nakoming van rekeningkundige, belasting- en statutêre vereistes
bestuursverslagdoening en analise
ondersteuning en koördinering van die jaarlikse begroting en finansiële beplanning
ontwikkeling en bywerking van gereelde finansiële vooruitskattings
finansiële modellering en scenario-ontleding
ontleding van Akademia se inkomste- en kostedrywers
ontleding van en ondersteuning met kontantvloei en likiditeitsbeplanning
ondersteuning met data, stelsels en prosesverbetering
ondersteuning van interne en eksterne ouditprosesse en verskaffing van toepaslike finansiële inligting en skedules
P O S V E R E I S T E S
baccalaureusgraad in Rekeningkunde, Finansiële Bestuur of ʼn toepaslike verwante rigting (NKR-vlak 7)
ʼn honneursgraad of toepaslike professionele kwalifikasie (voordelig)
drie tot vyf jaar se toepaslike ervaring
professionele registrasie: Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAICA), Suid-Afrikaanse Instituut vir Professionele Rekenmeesters (SAIPA)
V A A R D I G H E D E
goeie kommunikasievaardighede
goeie tydsbestuurvaardighede
vermoë om probleme op te los en inisiatief te neem
praktiese kennis van toepaslike rekeningkundige raamwerke, insluitend IFRS for SMEs of IFRS waar toepaslik
Akademia behou die reg voor om nie ʼn aanstelling te maak nie. Akademia is kragtens die Wet op Hoër Onderwys 75 van 1997 by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding geregistreer (registrasienommer: 2011/HE08/005). Akademia is deel van die Solidariteit Beweging.
- Departement
- Finansies
- Pos
- Rekenmeester: Finansiële beplanning en analise
- Ligging
- Pretoria-kampus
Meer oor Akademia
Akademia is ’n Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat daartoe verbind is om uitnemende opleiding, betekenisvolle vorming en professionele ontwikkeling in Afrikaans aan te bied. As ’n gemeenskapsgerigte instelling bou ons aan ’n akademiese tuiste waar studente en medewerkers saam groei, leer en ’n positiewe bydrae tot die samelewing lewer. Gedryf deur waardes soos geloof, hoop, liefde, rentmeesterskap en pionierskap, werk ons elke dag daaraan om ’n toekoms van gehalte- en hoër onderwys vir toekomstige geslagte te help vorm.
Word deel van ’n span wat saam bou aan die toekoms van hoër onderwys in Afrikaans.