GRAFIESE ONTWERPER
SLUITINGSDATUM: 22 OKTOBER 2026
Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het ʼn pos vir ʼn grafiese ontwerper in die Bemarking en Kommunikasie-afdeling beskikbaar. Hierdie pos is in Centurion gesetel.
P O S D O E L S T E L L I N G
Die grafiese ontwerper is verantwoordelik vir die ontwikkeling van kreatiewe grafiese ontwerpe wat Akademia se handelsmerk en sekondêre handelsmerke se korporatiewe identiteite (KI’e) handelsmerkposisionering en doelstellings ondersteun.
V E R A N T W O O R D E L I K H E D E
ontwikkeling van kreatiewe ontwerpidees saam met die breër span
skep van grafiese ontwerpe vir multimedia, wat drukmedia, digitale media en video’s insluit
handhawing van die instelling se korporatiewe identiteit
hantering van navrae en versoeke wat verband hou met grafiese ontwerpe
die neem en redigering van foto’s
P O S V E R E I S T E S
ʼn honneurs- of vierjaargraad in grafiese ontwerp, illustrasie of multimedia-ontwerp
ʼn minimum van vier jaar se ervaring in die skep van grafiese ontwerpe met ontwerpsagteware van Adobe Creative Cloud (Illustrator, InDesign en Photoshop)
begrip van die verskillende vereistes van ontwerp vir gedrukte en digitale media, die drukproses, inkgebruike en ander afwerkings
ervaring in ontwerptegnieke
die uitvoer van ontwerpprojekte vanaf konseptualisering tot die voltooiing van die ontwerp
ervaring in die skep van gevoelborde (moodboards)
ervaring in die ontwikkeling van handelsmerke en die skep van animasies (voordelig)
V A A R D I G H E D E
ʼn sterk aanvoeling vir visuele uitleg en die nuutste tendense daaroor
doeltreffende kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede
ʼn oog vir detail en akkuraatheid, en doeltreffende uitvoering (onafhanklik en in ʼn span) van ontwerpprojekte
handhawing van goeie menseverhoudings, sowel as professionaliteit en ʼn positiewe ingesteldheid
die vermoë om onder druk te werk en te prioritiseer
kennis van Akademia en die hoëronderwysomgewing in die algemeen
Slegs Afrikaanse CV’s sal aanvaar word
- Departement
- Kommunikasie
- Pos
- Grafiese ontwerper
- Ligging
- Pretoria-kampus
- Indiensnemingtipe
- Voltyds
Meer oor Akademia
Akademia is ’n Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat daartoe verbind is om uitnemende opleiding, betekenisvolle vorming en professionele ontwikkeling in Afrikaans aan te bied. As ’n gemeenskapsgerigte instelling bou ons aan ’n akademiese tuiste waar studente en medewerkers saam groei, leer en ’n positiewe bydrae tot die samelewing lewer. Gedryf deur waardes soos geloof, hoop, liefde, rentmeesterskap en pionierskap, werk ons elke dag daaraan om ’n toekoms van gehalte- en hoër onderwys vir toekomstige geslagte te help vorm.
Word deel van ’n span wat saam bou aan die toekoms van hoër onderwys in Afrikaans.