KOÖRDINEERDER: AANLYN LEER
SLUITINGSDATUM: 25 OKTOBER 2026
Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het vanaf Januarie 2027 ʼn voltydse pos vir ʼn koördineerder: Aanlyn leer op die Pretoria-kampus in die Departement Rekeningkundige Wetenskappe in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe beskikbaar.
POSDOELSTELLING
Die koördineerder: Aanlyn leer werk nou saam met dosente en die Aanlyn leer–afdeling om die leerbestuurstelsel optimaal te benut en ʼn effektiewe, toeganklike en gehalteleerervaring vir studente te skep.
POSVEREISTES
Om vir hierdie pos te kwalifiseer word ʼn B-graad vereis. ʼn B-graad in ʼn verwante ekonomiese en bestuurswetenskappedissipline of ʼn nagraadse kwalifikasie sal tot aansoekers se voordeel strek. Verder moet kandidate oor twee tot drie jaar se werkservaring in die hoëronderwysomgewing en die gebruik van ʼn leerbestuurstelsel, byvoorbeeld Moodle binne die konteks van aanlyn leer, beskik. Kandidate wat nie kennis van die hoëronderwysomgewing het nie maar ervaring in die gebruik van ʼn leerbestuurstelsel het, kan moontlik ook vir die pos oorweeg word.
VERANTWOORDELIKHEDE
Verantwoordelikhede van die koördineerder: Aanlyn leer sluit in maar is nie tot die volgende beperk nie: skep en instandhouding van aanlynleeromgewings; oriëntering aan fakulteitspersoneel oor die tegniese funksionaliteite van die aanlynleerstelsel, hantering van tegniese navrae oor die aanlynleerstelsel en oplossing van module-uitleg en inhoudverwante probleme; implementeer in samewerking met dosente boeiende en interaktiewe elemente binne die aanlynleeromgewing; verseker in samewerking met die Aanlyn leer-afdeling die implementering van aanlyn leer in lyn met breë instellingsriglyne, standaarde en nuwe ontwikkelings; en implementeer, toets en verifieer aanlynassesseringstandaarde op aanlynassesseringsmateriaal.
VAARDIGHEDE
Die ideale kandidaat sal onderskei word deur: projekbestuur-, tydbestuur-, kommunikasie-, netwerk-, kliëntediens- en probleemoplossingsvaardighede. Verder moet die kandidaat detailgeoriënteerdheid wees, oor bewese vermoë beskik om onafhanklik én as lid van ʼn span te werk, en oor gevorderde rekenaarvaardighede in Microsoft Office Suites.
- Departement
- Departement Rekeningkundige Wetenskappe
- Pos
- Koördineerder: Aanlyn leer
- Ligging
- Pretoria-kampus
Meer oor Akademia
Akademia is ’n Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat daartoe verbind is om uitnemende opleiding, betekenisvolle vorming en professionele ontwikkeling in Afrikaans aan te bied. As ’n gemeenskapsgerigte instelling bou ons aan ’n akademiese tuiste waar studente en medewerkers saam groei, leer en ’n positiewe bydrae tot die samelewing lewer. Gedryf deur waardes soos geloof, hoop, liefde, rentmeesterskap en pionierskap, werk ons elke dag daaraan om ’n toekoms van gehalte- en hoër onderwys vir toekomstige geslagte te help vorm.
Word deel van ’n span wat saam bou aan die toekoms van hoër onderwys in Afrikaans.