DEELTYDSE DOSENT: WISKUNDIGE STATISTIEK
SLUITINGSDATUM: 8 OKTOBER 2026
Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uAkademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het vanaf Januarie 2027 op die Pretoria-kampus ʼn deeltydse pos as ʼn dosent in Wiskundige Statistiek in die Fakulteit Natuurwetenskappe beskikbaar. Kandidate vanaf junior dosentvlak tot en met senior dosentvlak word aangemoedig om aansoek te doen.
Die suksesvolle kandidaat sal lesings in persoon op Akademia se Leriba-kampus aanbied.
P O S D O E L S T E L L I N G
ʼn Dosent is daarvoor verantwoordelik om gehalteonderrig aan studente te bied deur innoverende klasaanbiedings en leerervarings. Die pos vereis dat akademiese take, navorsing en innovering asook akademiese gemeenskapdeelname ywerig verrig word. Die vorming van studente tot goedgevormde mense word hoog op prys gestel. ʼn Dosent streef na erkenning as leier op ʼn vakgebied en verdieping in alle klasaanbiedinge.
V E R A N T W O O R D E L I K H E D E
Verantwoordelikhede sluit in, maar is nie beperk nie tot:
voorbereiding en dosering van die module-inhoud
lewering van bystand en akademiese ondersteuning aan studente
betrokkenheid by Akademia in die algemeen
opstel van assesseringsaktiwiteite vir ʼn kontakleeromgewing
P O S V E R E I S T E S
ʼn doktorsgraad is die minimum vereiste vir ʼn senior dosentpos, ʼn meestergraad vir ʼn dosentpos en ʼn honneursgraad vir ʼn junior dosentpos
minstens vyf jaar hoëronderwys ondervinding word vereis vir ʼn senior dosentpos, minstens vier jaar vir ʼn dosentpos en ondervinding met tutorwerk of ander onderrigverwante aktiwiteite vir junior dosentpos
V A A R D I G H E D E
sterk verbale en geskrewe kommunikasievaardighede
interpersoonlike vaardighede
prioritiserings- en tydsbestuursvaardighede
onafhanklik in ʼn spanverband funksioneer
inisiatief neem en oplossingsgedrewe wees
beskik oor vermoë om werk onder druk te voltooi
ʼn ambassadeur vir Akademia wees deur te help om die instelling uit te bou en ʼn liefde vir Afrikaans te hê
- Departement
- Departement Wiskundige Wetenskappe
- Pos
- Deeltydse dosent: Wiskundige Statistiek
- Ligging
- Pretoria-kampus
Meer oor Akademia
Akademia is ’n Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat daartoe verbind is om uitnemende opleiding, betekenisvolle vorming en professionele ontwikkeling in Afrikaans aan te bied. As ’n gemeenskapsgerigte instelling bou ons aan ’n akademiese tuiste waar studente en medewerkers saam groei, leer en ’n positiewe bydrae tot die samelewing lewer. Gedryf deur waardes soos geloof, hoop, liefde, rentmeesterskap en pionierskap, werk ons elke dag daaraan om ’n toekoms van gehalte- en hoër onderwys vir toekomstige geslagte te help vorm.
Word deel van ’n span wat saam bou aan die toekoms van hoër onderwys in Afrikaans.