JUNIOR ADVISEUR: BEMARKING
SLUITINGSDATUM: 14 OKTOBER 2026
Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het tans ʼn voltydse pos in Pretoria vir ʼn junior adviseur: Bemarking in die Bemarking en Kommunikasie-afdeling se Bemarking-span beskikbaar.
P O S D O E L S T E L L I N G
Akademia se studente het ʼn keuse tussen nauurse afstandstudie (oor ʼn netwerk van sentrums of via e-leer) en voltydse studie by een van ons kampusse in die Paarl of in Pretoria. Die junior adviseur: Bemarking se rol is om studentegetalle te verhoog deur goeie verhoudings met skole, ouers, besighede en gemeenskappe te bou, waardevolle raad aan voornemende studente te bied, en hulle deur die studieaansoekproses te begelei sodat hulle die beste studieroete kies.
V E R A N T W O O R D E L I K H E D E
Werf voornemende studente deur raadgewing en begeleiding.
Neem verantwoordelikheid vir die opslaan en bemanning van stalletjies by skole, besighede en ander geleenthede.
Beplan en voer bemarkings- en werwingsaktiwiteite uit in samewerking met die koördineerder: Bemarkingsprojekte.
Bou en onderhou verhoudings met teikengroepe in jou toegewyde streek.
P O S V E R E I S T E S
ʼn graad in Ondernemingsbestuur, Bemarking, Kommunikasie of ʼn gelykstaande kwalifikasie
een tot drie jaar se ervaring in algemene ondernemingsbestuur, bemarking en/of werwing
ʼn gewilligheid om te reis met ʼn geldige bestuurslisensie en eie voertuig
uitstekende beplannings-, organiserings- en administratiewe vaardighede
ervaring in ʼn hoëronderwysomgewing (voordelig)
V A A R D I G H E D E
goeie kommunikasievaardighede
interpersoonlike vaardighede
goeie tydsbestuurvaardighede
vermoë om probleme op te los en inisiatief te neem
diensgerigte ingesteldheid
implementerings- en uitvoeringsvermoë
databestuurvaardighede
aanpasbaarheid
prioritiseringsvermoë
leergierigheid
- Departement
- Bemarking
- Pos
- Junior adviseur: Bemarking
- Ligging
- Pretoria-kampus
Meer oor Akademia
Akademia is ’n Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat daartoe verbind is om uitnemende opleiding, betekenisvolle vorming en professionele ontwikkeling in Afrikaans aan te bied. As ’n gemeenskapsgerigte instelling bou ons aan ’n akademiese tuiste waar studente en medewerkers saam groei, leer en ’n positiewe bydrae tot die samelewing lewer. Gedryf deur waardes soos geloof, hoop, liefde, rentmeesterskap en pionierskap, werk ons elke dag daaraan om ’n toekoms van gehalte- en hoër onderwys vir toekomstige geslagte te help vorm.
Word deel van ’n span wat saam bou aan die toekoms van hoër onderwys in Afrikaans.