KOÖRDINEERDER: BEMARKINGSPROJEKTE
SLUITINGSDATUM: 13 OKTOBER 2026
Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het tans ʼn voltydse pos in Pretoria vir ʼn koördineerder: Bemarkingsprojekte in die Bemarking en Kommunikasie-afdeling se Bemarking-span beskikbaar.
P O S D O E L S T E L L I N G
Die pos sal daarop fokus om bemarkingsprojekte te inisieer, te beplan, te koördineer, te implementeer en die gehalte van sodanige projekte te verseker. Hierdie pos is in Centurion.
V E R A N T W O O R D E L I K H E D E
Koördineer bemarkingsprojekte wat op beide die skole- en die volwasse markte gerig is.
Vernuwe en verbeter bestaande projekte.
Ondersoek en implementeer nuwe bemarkingsmetodes en -materiaal ten einde Akademia se bemarking deurlopend te verbeter vir die relevante teikenmarkte.
Skep saam met die Kommunikasie-span inhoud om bemarkingsprojekte te ondersteun.
Voer projekverwante administratiewe take uit en lewer verslag oor die vordering van projekte.
Skakel met verskeie interne en eksterne belangegroepe om projekte doeltreffend uit te voer.
P O S V E R E I S T E S
graad in Ondernemingsbestuur, Bemarking, Kommunikasie en/of Projekbestuur of ʼn gelykstaande kwalifikasie
drie tot vyf jaar se ervaring in algemene ondernemingsbestuur, bemarking en projekbestuur
goeie begrip van die sakesektor sowel as die akademiese omgewing (voordelig)
V A A R D I G H E D E
kommunikasievaardighede
interpersoonlike vaardighede
koördineringsvaardighede
projekgedrewenheid en doelgerigtheid
prioritiseringsvermoë
implementerings- en uitvoeringsvermoëns
rekenaarvaardighede
oog vir detail
ambassadeur vir Akademia deur te help om die instelling uit te bou
- Departement
- Bemarking
- Pos
- Koördineerder: Bemarkingsprojekte
- Ligging
- Pretoria-kampus
Meer oor Akademia
Akademia is ’n Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat daartoe verbind is om uitnemende opleiding, betekenisvolle vorming en professionele ontwikkeling in Afrikaans aan te bied. As ’n gemeenskapsgerigte instelling bou ons aan ’n akademiese tuiste waar studente en medewerkers saam groei, leer en ’n positiewe bydrae tot die samelewing lewer. Gedryf deur waardes soos geloof, hoop, liefde, rentmeesterskap en pionierskap, werk ons elke dag daaraan om ’n toekoms van gehalte- en hoër onderwys vir toekomstige geslagte te help vorm.
Word deel van ’n span wat saam bou aan die toekoms van hoër onderwys in Afrikaans.