Administrateur: Akademici
P O S D O E L S T E L L I N G
Die doel van hierdie pos is om administratiewe ondersteuning aan studente en interne rolspelers te bied. Die administrateur sal daarvoor verantwoordelik wees om ʼn ondersteuningsdiens aan studente, fakulteite en verskeie afdelings in Akademia te bied.
V E R A N T W O O R D E L I K H E D E
hantering van data-administrasie
ondersteuning aan studente deur effektiewe kommunikasie
hantering van studentenavrae, onder andere: modulekeuses, onderrigleermodel, sentrum, klasbywoning, studentestelsels, sperdatums, assesserings, en die bywerking van persoonlike data van studente
monitering van navrae wat deur die kaartjiestelsel ontvang word
P O S V E R E I S T E S
• ʼn Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie (Sekretarieel/Projekbestuur) (NKR-vlak 5)
ervaring in MS Office-pakket (voorvereiste)
minimum van drie (3) jaar relevante ervaring
ervaring in studenteadministrasie, Moodle, aanlyn eksamens, datavaslegging en kliëntediens (voordelig)
V A A R D I G H E D E
sterk spanwerk- en kommunikasievaardighede
goeie menseverhoudings
vermoë om tyd te bestuur
uitstekende administratiewe en organisatoriese vaardighede
prioritiserings- en beplanningsvaardighede
vermoë om onder druk sperdatums na te kom
tegniese vaardighede om data in te samel en te verwerk
- Departement
- Administrasie
- Pos
- Administrateur: Akademiese administrasie
- Ligging
- Pretoria-kampus
Meer oor Akademia
Akademia is ’n Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat daartoe verbind is om uitnemende opleiding, betekenisvolle vorming en professionele ontwikkeling in Afrikaans aan te bied. As ’n gemeenskapsgerigte instelling bou ons aan ’n akademiese tuiste waar studente en medewerkers saam groei, leer en ’n positiewe bydrae tot die samelewing lewer. Gedryf deur waardes soos geloof, hoop, liefde, rentmeesterskap en pionierskap, werk ons elke dag daaraan om ’n toekoms van gehalte-hoër onderwys vir toekomstige geslagte te help vorm.
Word deel van ’n span wat saam bou aan die toekoms van hoër onderwys in Afrikaans.