Voltydse dosent: Opvoedkundestudies
Vorm die volgende generasie opvoeders by Akademia. Deel jou kundigheid in Opvoedkundestudies, inspireer studente en dra by tot Afrikaanse hoër onderwys.
Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het vanaf Januarie 2027 twee voltydse poste op die Paarl-kampus beskikbaar vir dosente in die Departement Opvoedkundestudies in die Fakulteit Opvoedkunde.
P O S D O E L S T E L L I N G
ʼn Dosent is daarvoor verantwoordelik om gehalteonderrig aan studente te bied deur innoverende klasaanbiedings en leerervarings. Die pos vereis dat akademiese take, navorsing en innovering asook akademiese gemeenskapdeelname ywerig verrig word. Die vorming van studente tot goedgevormde mense word hoog geag. ʼn Dosent streef daarna om as leier in ʼn vakgebied erken te word en streef verdieping in alle klasaanbiedinge na.
V E R A N T W O O R D E L I K H E D E
voorbereiding en dosering van die moduleinhoud
kurrikulumontwikkeling
navorsing op vakgebied ter ondersteuning van onderrig en leer, en professionele ontwikkeling
opstel van assesseringsaktiwiteite in ʼn kontak- en afstands-leeromgewing
akademiese gemeenskapsdeelname
lewering van bystand en akademiese ondersteuning aan studente
P O S V E R E I S T E S
ʼn professionele onderwyskwalifikasie in BEd (Grondslagfase-onderwys) of BEd (Intermediêre Fase-onderwys).
ʼn meestersgraad in Opvoedkunde of verwante dissipline
kundigheid en ervaring in Lewensvaardighede en/of Opvoedkundige Sielkunde en/of Inklusiewe Onderwys of
Kurrikulumstudies en/of Algemene Pedagogiek
onderwyservaring
hoëronderwyservaring in die onderrig van die genoemde deeldissiplines is ʼn aanbeveling.
ervaring in versnitte leer (blended learning)
blootstelling aan en vorige gebruik van onderwysmedia
V A A R D I G H E D E
sterk verbale en geskrewe kommunikasievaardighede
interpersoonlike vaardighede
prioritiserings- en tydsbestuursvaardighede
onafhanklik in ʼn spanverband funksioneer
inisiatief kan neem
oplossingsgedrewe
vermoë om werk onder druk te voltooi
ʼn Ambassadeur vir Akademia wees deur te help om die instelling uit te bou en ʼn liefde vir Afrikaans te hê.
- Departement
- Departement Opvoedkundestudies
- Pos
- Dosent: Opvoedkundestudies
- Liggings
- Paarl
Meer oor Akademia
Akademia is ’n Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat daartoe verbind is om uitnemende opleiding, betekenisvolle vorming en professionele ontwikkeling in Afrikaans aan te bied. As ’n gemeenskapsgerigte instelling bou ons aan ’n akademiese tuiste waar studente en medewerkers saam groei, leer en ’n positiewe bydrae tot die samelewing lewer. Gedryf deur waardes soos geloof, hoop, liefde, rentmeesterskap en pionierskap, werk ons elke dag daaraan om ’n toekoms van gehalte hoër onderwys vir toekomstige geslagte te help vorm.
Word deel van ’n span wat saam bou aan die toekoms van hoër onderwys in Afrikaans.