Intern: Kommunikasie
ljbljglgljgblkh;kjh;lj
Ons reageer gewoonlik binne twee weke
Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het vanaf 12 Januarie 2026 ʼn twaalfmaandekontrak vir ʼn intern: Kommunikasie in die Bemarking en Kommunikasie-afdeling beskikbaar vir ʼn kandidaat wat ervaring in korporatiewe kommunikasie wil opdoen. Hierdie pos is in Centurion, Gauteng gesetel.
P O S D O E L S T E L L I N G
Die doel van hierdie pos is om die instelling met ʼn verskeidenheid kommunikasietake te ondersteun wat die koördinering van en inhoudskepping vir verskeie platforms, sowel as verskeie administratiewe take insluit. Die intern: Kommunikasie sal saam met die groter Kommunikasie-span die Akademia-beeld en -handelsmerk versterk en uitbou.
V E R A N T W O O R D E L I K H E D E
•
die skep en koördinering van ʼn verskeidenheid inhoud vir onder andere sosiale media, die webblad, bemarkingsmateriaal, nuusbriewe, artikels, betaalde mediageleenthede en video’s
•
ondersteuning met die koördinering van sosialemediaplatforms en kommunikasie oor ander kanale (SMS, WhatsApp en e-pos)
•
dekking van verskeie geleenthede deur foto’s en video’s vir sosialemedia- of ander doeleindes te neem
•
die uitvoer van kommunikasienavorsing en verslagdoening van tendense en statistiek van Akademia-platforms
•
ondersteuning en hulpverlening met die opstel van bemarkingsmateriaal en ander take by funksies en geleenthede
•
ʼn verskeidenheid van administratiewe pligte soos datainsleuteling, aankope behartiging of aanlyn argivering
•
verifiëring van inligting of data
P O S V E R E I S T E S
•
ʼn Baccalaureusgraad in kommunikasiebestuur en/of joernalistiek en/of mediaskakeling (NKR-vlak 7) word vereis.
•
ʼn Honneursgraad sal in die kandidaat se guns tel.
•
Ervaring in of kennis van grafiese ontwerp, webbladbestuur, sosialemediabestuur is wenslik.
•
Foto- en videografie en inhoudskepping vir verskeie platforms is ook wenslik vir die pos.
•
Eie vervoer en ʼn geldige rybewys word vereis.
•
Die bekleër moet beskikbaar wees om na-ure, oor naweke en soms op kort kennisgewing by geleenthede te werk.
V A A R D I G H E D E
•
uitsonderlike interpersoonlike vaardighede
•
goeie skakel- en kommunikasievaardighede
•
goeie taal- en skryfvaardighede
•
organisatoriese vermoë en goeie tydsbestuur
•
samewerkingsvermoë en goeie spanwerk
•
detailgeoriënteerd en gefokus op gehalte
•
goeie rekenaarvaardighede en digitale geletterdheid
•
aanpasbaarheid en die vermoë om onder druk te werk
•
kreatiwiteit
•
inisiërings- en administratiewe vaardighede
•
positiewe ingesteldheid, dryfkrag en gemotiveerd
- Departement
- Kommunikasie
- Pos
- Intern: Kommunikasie
- Liggings
- Pretoria
Meer oor Akademia
Akademia is ’n Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat daartoe verbind is om uitnemende opleiding, betekenisvolle vorming en professionele ontwikkeling in Afrikaans aan te bied. As ’n gemeenskapsgerigte instelling bou ons aan ’n akademiese tuiste waar studente en medewerkers saam groei, leer en ’n positiewe bydrae tot die samelewing lewer. Gedryf deur waardes soos geloof, hoop, liefde, rentmeesterskap en pionierskap, werk ons elke dag daaraan om ’n toekoms van gehalte hoër onderwys vir toekomstige geslagte te help vorm.
Word deel van ’n span wat saam bou aan die toekoms van hoër onderwys in Afrikaans.